Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS 22 JUNIE 2014

Goeiemôre en welkom! Jy luister na ZS6SRL, die amptelike stem van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afri-kaans en om 08:30 SAT in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Echolink luisteraars kan koppel aan ZS0JPL vir ‘n audiostroom.

Besoek die Suid-Afrikaanse Radioliga webblad om 'n oudio weergawe van hierdie bulletin te bekom. Terwyl u daar is kan u ook 'n teksweergawe aflaai en ook inteken om bulletins per e-pos te ontvang.

Hierdie bulletin word gelees deur ............ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik)

Ons begin hierdie nuusbulletin met nuus van ‘’n stil sleutel

Dit is met leedwese dat die Pretoria Amateurradioklub aankondig dat die sleutel van Joe (Jannie) van der Lingen, ZS6AIC, op Donderdag 5 Junie stil geword het.

Ons betuig ons innige meegevoel aan sy vrou, Ellen, familie en vriende.

POUSE

Die week se nuushooftrekke

DIE IARU HF-KAMPIOENSKAPE

DR DAVID WARDLAW, VK3ADW, ONTVANG DIE MICHAEL J. OWEN, VK3KI, GEDENKTOEKENNING

en

DIE 39STE INTERNASIONALE "HAM RADIO" TENTOONSTELLING

Bly ingeskakel vir hierdie en ander nuusitems


==> Die roepsein ZS9HQ is deur Okosa aan die Suid-Afrikaanse Radioliga toegeken en sal vanaf die Nasionale Amateurradiosentrum bedryf word tydens die IARU HF-kampioenskape. Die Suid-Afrikaanse Radioliga President, Geoff Levey, ZS6C, nooi radio amateurs uit om by hom aan te sluit vir die kompetisie, beide foon en GG operateurs word benodig. Stuur 'n e-pos aan Geoff by contest@sarl.org.za met jou roepsein en kontakbesonderhede. Hy sal jou kontak om die operasionele skedule te bespreek.

Die IARU HF-kampioenskape vind plaas op die tweede volle naweek van Julie. Die kompetisie begin op Saterdag 12 Julie om 12:00 UTC en eindig op Sondag 13 Julie om 12:00 UTC. Die doel van die IARU HF-kampioenskape is om soveel moontlik ander radio amateurs, veral IARU lidvereniging HK stasies, regoor die wêreld te kontak deurmiddel van foon en GG werking op 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter. Die kompetisie uitruiling is - IARU lidvereniging HK stasies stuur ‘’n sein verslag en amptelike IARU lidvereniging afkorting, bv. 59SARL. Lede van die IARU Administratiewe Raad en die drie IARU streeks uitvoerende komitees stuur "AC", "R1," "R2," en "R3", soos toepaslik. Al die ander stuur ‘’n sein verslag en ITU-sone. 'n Volledige uitruiling moet aangemeld word vir elke geldige QSO. Die ITU sone vir Suid-Afrika is 57.



==> Die voormalige IARU vise-president, dr David Wardlaw, VK3ADW, het die Michael J. Owen, VK3KI, gedenktoekenning tydens 'n onlangse onthaal by die Wireless Instituute van Australië (WIA) hoofkwartier ontvang. David, VK3ADW, die tweede van die twee eerste ontvangers van die eer, is erken vir sy bydrae tot die Internasionale Amateurradiounie (IARU). Wojciech Nietyksza, SP5FM, het die Mi-chael J. Owen toekenning verlede maand ontvang.

IARU President Tim Ellam, VE6SH/G4HUA, wat die toekenning oorhandig het, het Dawid "'n doeltreffende verteenwoordiger van beide Amateur Radio en die Australiese Administrasie by die ITU" genoem.

Michael Owen, wat gedien het as die IARU Streek 3 voorsitter en WIA president, het in 2012 gesterf. Met Michael was David deel van Australiese afvaardiging na die Wêreld Administratiewe Radio Konferensie 1979 (WARC-79), waarin Amateur Radio toegang verkry het tot 30, 17 en 12 meter. In die 1980's en 1990's, het David gedien as 'n IARU Streek 3 direkteur voordat hy visepresident geword het. Ironies genoeg, was dit David wat jaar vroeër 'n jong Michael Owen aan amateur radio bekendgestel het.

Tydens die 2013 vergadering van die IARU Administratiewe Raad in Meksiko, het die Administratiewe Raad eenparig vir Wojciech, SP5FM en Dawid VK3ADW, gekies as gesamentlike ontvangers van die Michael J. Owen gedenktoekenning.



==> Op Saterdag 14 Junie 2014 het die eerste HF en eerste UHF piek tot piek QSOs in Suid-Afrika plaasgevind. Die HF QSO het om 09:09 UTC op 7 090 kHz plaasgevind met 59 seine beide kante. Die QSO het plaasgevind tussen Willie, ZS6WBT op Wynberg, LP-005 en Dennis, ZS4BS, op Mout Paul, FS-012.

Die UHF piek tot piek QSO het om 10:13 UTC plaasgevind op 437,900 MHz FM via die papegaaiherhaler aanboord die HABEX ballon. Gert, ZS6GC op Wynberg, LP-005 en Dennis, ZS4BS op Mount Paul, FS-102 het hierdie QSO gemaak. Baie dankie aan die HABEX-span vir julle hulp!

Die Secunda ARC het Wynberg, LP-005 op Saterdag 14 Junie, Kanonkop, LP-007 op Sondag 15 Junie en Ossewakop, LP-004 op Maandag 16 Junie geaktiveer. Den-nis, ZS4BS, het Mount Paul, FS-012 op Saterdag 14 Junie en Surrender Hill, FS-013 op Maandag 16 Junie geaktiveer.

UHF AKTIWITEIT

Etienne, ZS6Y, het die nuusspan ingelig dat hy ’n kontak met Willem, ZS6WAB op Saterdagoggend 21 Junie op 1 296 MHz FM sowel as ESB gemaak het. Die seine was meestal 55 met 59 op die piekke. Die afstand tussen ZS6Y en ZS6WAB was 264 km.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga en nou is ons kyk na wat sommige beskou as Europa se antwoord op die Dayton Hamvention ®


==> Die 39 Internasionale "Ham Radio" tentoonstelling begin op Vrydag 27 Junie in Friedrichshafen, op die oewer van die Bodensee in die suide van Duitsland. Duisende amateurs en elektroniese entoesiaste sal by die Messe Friedrichshafen konvensiesentrum en omliggende skougronde bymekaarkom vir die geleentheid. Sowat 200 uitstallers en organisasies van meer as 2 dosyn lande sal in die uitstallingsaal verteenwoordig word. Die Deutscher Amateur Radio Club (DARC) het "Creative Amateur Radio - Build It Yourself" gekies as die tema vir vanjaar se skou.

"Om goed self te bou het vir 'n lang tyd 'n belangrike rol in Amateur Radio gespeel," sê DARC woordvoerder Axel Voigt, DO1ELL gese. "Die bou van jou eie toerusting is deel van Amateur Radio sedert die begin. Die pioniers van Amateur Radio het eksperimenteer, hul eie toerusting gebou, verbeter en die grondslag gelê waarop Amateur Radio vandag bedryf word."

Die DARC sal tydens die naweek van Ham Radio, sy 65ste Lake Constance konferensie hou. Die vasteland se grootste amateur radio tentoonstelling loop ten einde op 29 Junie.

==> Donderdag 19 Junie het die suksesvolle lansering van die FUNcube-3 satelliet van Dombarovsky naby Yasny in die Russiese Federasie plaasgevind. Dit was een van 12 satelliete wat amateur radio dra en deel van 'n konstellasie van 37 satelliete aan boord van die Dnepr vuurpyl.

Beskryf as 'n vinnige sending om 'n transponder-alleen loonvrag te lewer op 'n 2U CubeSat, is FUNcube-3 deel van die voorloper program vir die opkomende QB50 missie. Die satelliet dra 'n FUNcube omkeer 400 mW ESB / GG lineêre transponder met 70 cm inset en 2 m uitset, plus 'n telemetriese baken op 145,815 MHz. 'n Tweede QB50 voorloper satelliet, QB50p2, het bakens op 145,880 en 145,840 MHz, plus 'n 70 cm tot 2 m FM transponder wat verwag word om aangeskakel word in die komende maande.

Meer besonderhede kan gevind word by http://funcube.org.uk/

VOORTPLANTINGS VOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig tot laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel met weinig kans vir ernstige sonfakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 40.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

WAT IS IN DIE DAGBOEK VAN GEBEURE VANDAG?

Vanaand om middernag UTC eindig die Suid-Afrikaanse Radioliga Top Band QSO geselligheid
27 tot 29 Junie – 2014 Ham Radio in Friedrichshafen
1 Julie – SARL ledegelde betaalbaar
12 en 13 Julie – IARU HF Kampioenskappe
19 Julie – Winter QRP kompetisie

U kan meer uitvind oor hierdie asook ander interessante gebeure op die Suid-Afrikaanse Radioliga se webblad www.sarl.org.za.

En om die bulletin mee af te sluit weer 'n terugblik op ons hoofnuus

Die roepsein ZS9HQ is deur Okosa aan die Suid-Afrikaanse Radioliga toegeken en sal vanaf die Nasionale Amateurradiosentrum bedryf word tydens die IARU HF-kampioenskape. Die Suid-Afrikaanse Radioliga President, Geoff Levey, ZS6C, nooi radio amateurs uit om by hom aan te sluit vir die kompetisie, beide foon en GG operateurs word benodig. Stuur 'n e-pos aan Geoff by contest@sarl.org.za met jou roepsein en kontakbesonderhede. Hy sal jou kontak om die operasionele skedule te bespreek.

Dit bring ons dan aan die einde van hierdie Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin

Suid-Afrikaanse Radioliga-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz en 'n potgooi deur Dick, ZS6RO.

'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 3 230 kHz plaas. Ons ontvang graag jou ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur ’n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel is deur Dennis Green, ZS4BS

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003